Login:
 
There are currently no other auctions running.
WINBURG YB VPU TRAINING MODE RESULT 2020...
WINBURG 1 OPE 2020 TRAINING MODE...
GARIEP OB 2020...
GARIEP YB 2020...
Glen O/B 2020...
Glen y/b 2020...
TROMPSBURG YB VPU PLAYFAIR CLUB 2019...
SMITHFIELD YB VPU PLAYFAIR CLUB 2019...
Bernard Davel : PUTTERIE / TOM LOCK

DESCRIPTION

ZA NOVPF 0012/14

"  DIKKE WITPEN  "

* Balanced
* Muscled
* Louvred wings

As his brother 2005/14, he will be an asset to any loft.
Half Brother to
1934/14 - 2nd best bird NOVPF 2015.
Cousin to the Barzalona Winner
Dinokeng Lofts 2013.
Study his pedigree, with so may Aces and
Federation winners one rarely can go wrong.

 

VOORWOORD

BERNARD DAVEL - DESERT QUEEN

My duiwefamilie het ek oor die jare opgebou reeds van my skooldae. So het ek baie groot vriende geraak met wyle Tok Venter destyds van Reitz. In my hele hok duiwe wat ek van skooldae oorgedra het het hy net een duif erken as ‘n kampioen. Sy was 84795 – ma van SA NOVPF 892 – 1994 alias Desert Queen. Desert Queen self se bloedlyn was Silas Willis Putterie / Huyskens van Riel. Sy was ‘n Derby wenner en het ouma geword van 12 Federasie en Unie Wenners. Haar erfdwang was en is nogsteeds onvergelykbaar. In 1998 koop ek tien duiwe by wyle Tok Venter op sy uitverkoping. Hy het voor die veiling vir my die duiwe uitgewys en ek het hulle almal gekoop. Een was SA NOVPF 951 – 1991 Derby Federasiewenner uit sy kliekpaar Die Meneer by 222789 die Koos Koen wyfie. Hy was ook Putterie. 951 en Desert Queen was ‘n kliekpaar en baie wenners het daaruit gekom.

Ek het my familie die naam gegee Desert Queen vernoem na 892/94. Dit is dan basies Tok Venter / Silas Willis Putterie.

In 2005, op aanbeveling van wyle Tok Venter koop ek 10 kuikens direk by Silas Willis. Hieruit kom die “Golden Silas Paar”. Geen van hulle kuikens is ooit gevlieg nie maar hulle kleinkinders wen reeds 24+ wedvlugte. Hulle is SA THU 9573 – 2005, die Liz Cock en SA THU 9561 – 2005, die Chris Hen.

Sedert 2010 het ek die beste van wyle Tom Lock gekoop wat ek in die hande kon kry. Pryse het my nie gekeer nie. Onder andere Juan 3, twee broers en een suster van die SANPO middelpad Bronz Medalje Wenner 2010, dogter van Gladiator by name “Hoby Beach”, direkte dogter van die R80K paar asook direkte kinders van die SANPO middelpad Goue Medalje Wenner 2010. Asook nog ‘n paar ander wat nouverwant is.

‘n Kombinasie van die drie families lewer verskeie wenners, Beste duiwe in Federasie en klub asook One Loft Race presteerders op. In 2009 leen ek aan Johan Smalberger van Tweeling 11 paar duiwe aangesien ek nie in 2010 kon duiwe vlieg nie. Dit was my kern. Met ‘n paar byvoegings van hier en daar teel Johan ‘n familie met hierdie 11 pare as basis wat hom reeds twee jaar in ‘n ry – 2014 en 2015 – Federasie kampioen maak.

Uit hierdie famile teel Johan ook ZA NOVPF 1899-2014 by name “King Putt” wat vanjaar by Dinokeng Lofts die volgende prestasies behaal het. Champion of Champions winner, Grand Averages Winner & 2nd Ace Pigeon.

My jongste seun is volgende jaar in Graad 11 en het ek besluit om vir die volgende twee jaar passief deel te neem aan die sport by wyse van teling en One Loft Racing. Die “Rugby” het hier gewen en is dit die tyd van ‘n pa se lewe wat jy eerder Saterdae langs die sportveld deurbring.

Die 29 duiwe op verkoping is die kern van my 2016 ou duif span. Slegs drie duiwe is teruggehou naamlik die NOVPF Beste Duif op die Noordpad 2014, NOVPF Beste Duif op die Suidpad 2015 en my Derby Federasie wenner.

Ek vertrou dat hierdie duiwe elkeen ‘n verskil kan maak.

Bernard Davel

Starting: 26 Jan 2016 09:00
Ending: 02 Feb 2016 19:45
Notice:

For your own safety, be sure to log out when you leave your computer unattended. You will be held responsible if anybody else bids on your account.
This page auto refresh in:
  ZA NOVPF 0012/14
Bred by Bernard Davel-Desert Queen
R 1 250.00
Latest Bid: WILLEM
 
 
 
 
Home  |  
Contact  |  
Browser  |  
Disclaimer  |  
CMS  
© 2024 Out of Africa Lofts